Dagsê maatjie!

My naam is Juffrou Linky en ek is só bly om jou te sien!

Winkel Buy me a coffee
Subscribe Spotify
juffrou linky home banner

Juffrou Linky Produkte

star
star
star
star
Out of stock
This product has multiple variants. The options may be chosen on the product page

Geliefd deur gesinne soos julle

“My 2-jarige dogtertjie geniet Juffrou Linky vreeslik! Ek self is ’n Juffrou en is net uiters beïndruk met die taal, liedjies, bewegings, die leeruitkomste, die beeld en alles daarmee saam! My 4-jarige, 6-jarige en 9-jarige dogtertjies kyk saam en geniet elke video! My 12-jarige seun moet soms maar saamkyk, maar hy lewer geen negatiewe kommentaar soos hy doen met ander kinderprogramme nie…dit kan net Juf Linky se slim maniere wees wat hom laat stil sit en kyk. Ons is almal net gelukkig met die kanaal en beveel dit sterk vir alle kinders aan!”

Die Ma met baie kinders

“My seuntjie was 2 en ons het so gesukkel om hom te kry om te praat, toe ontdek ons Juffrou Linky. Hy was absoluut mal geweest oor die video’s en liedjies. Net ’n paar dae later begin hy kleure opnoem en meer woorde praat!! Ons was verstom! Hy is nou 3 en praat ’n mens se oor af en vra seker elke dag om Juffrou Linky te kyk. Dankie Juffrou Linky.”

Christine De Klerk

“I am a Canadian that married a South African, and we have a child together. I am so happy I found Juffrou Linky for our child to watch. It’s not only teaching our child Afrikaans, but me as well! I would highly recommend Juffrou Linky’s videos for any parent that wants their child to learn Afrikaans. We look forward to every new video posted. Lots of love from Canada!”

Jocelynn Myburgh

“My kinders is mal oor Juffrou Linky. En as ’n mamma wat baie kieskeurig is wat my kinders mag en nie mag kyk nie, is Juffrou Linky heel bo aan my lys van gunstelinge. My kinders is so opgewonde (en ek ook) as daar ’n nuwe Juffrou Linky video uitkom en dan word dit byna 80 keer oor en oor gekyk. Dankie Juffrou Linky!”

Megan Smith

“Juffrou Linky se opvoedkundige videos het die wêreld se verskil gemaak met my seuntjie wat ADHD en Outisties is. Hy het gesukkel met sy spraak, maar is nou stukke beter en ken al die videos uit sy kop uit. My dogtertjie, nou 2 jaar oud, herhaal ook al van die goedjies wat Juffrou Linky sê. Uitstekend! 5 sterre!”

Zanie van der Westhuizen

crayon
crayons