Beleid

Alle items word gestuur teen ’n standaard tarief van R125.

Bestellings word op Maandae uitgestuur. Die laaste bestellings vir 2025 word op Maandag, 22 Desember gestuur.

Die volgende bestellings sal weer op 5 Januarie, 2026 gestuur word.

Aflewering neem 1–3 werksdae na groot stede.

2–6 werksdae mag van toepassing wees op afgeleë gebiede.

Onthou asseblief om klere te was voordat jy dit dra.

Volginligting sal per e-pos gestuur word (dit beland soms in jou gemorspos).

Indien daar ’n fout van ons kant af is, stuur binne 7 dae na ontvangs ’n e-pos met foto’s na info@juffroulinky.com. Ons sal die produk onmiddellik vervang sodra die fout bevestig is. Ná 7 dae kan ons ongelukkig nie omruilings doen nie.

Maak asseblief seker u bestudeer die maatgids sorgvuldig voor u bestel.

 

Ons respekteer jou privaatheid en beskerm jou persoonlike inligting.

Watter inligting versamel ons?

Ons versamel slegs die inligting wat nodig is om jou bestelling te verwerk. Dit kan jou rekening- en afleweringsadres, e-posadres, en betaalinligting insluit. Ons verkry ook sekere tegniese data soos jou IP-adres en internetblaaier vir sekuriteit en bemarking.

Hoe gebruik ons jou inligting?

Jou inligting word slegs gebruik om bestellings te verwerk. Ons deel of verkoop nie jou data aan enige derde partye nie.

Veiligheid

Jou inligting word veilig op ons bedieners gestoor en deur middel van enkripsie beskerm. Kredietkaartinligting word nie deur ons gestoor nie.

Koekies

Koekies is klein lêers wat op jou rekenaar of toestel gestoor word wanneer jy ons webwerf besoek. Hulle help ons om jou te herken wanneer jy weer besoek aflê, om mandjie-inhoud te stoor en om jou ervaring op die webwerf makliker en meer persoonlik te maak. Ons gebruik koekies uitsluitlik vir funksionele doeleindes soos die bestuur van inkopies en die verbetering van jou besoek. Ons samel nie persoonlik identifiseerbare inligting in deur koekies nie, en die data uit koekies word nooit gebruik om jou aan derde partye bekend te maak nie.